Bravoland-Nuusbrief
Bravo-nuusbrief
26 Julie 2008
1. Radio Pretoria – Vasbyt
2. GK267
3. Met ons verlede die toekoms in
4. Beskik ons oor die inherente krag?
5. Ons benodig ekonomiese magsblok.
RADIO PRETORIA
Die vorm om op Radio Pretoria se glanstydskrif “VASBYT” in te teken, is nou op hulle webblad beskikbaar. Die prosedure wat gevolg moet word, word ook duidelik aangedui.
Deur vinnig te reageer kan u ook nog die eerste uitgawe ontvang.
http://www.radiopretoria.co.za/vasbyt.html
AANSLAG OP GK267
Die Potchefstroom se studentegroep, GK267 gaan tans gebuk onder ‘n aanslag van die studente raad.
Lees meer…
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3172.0
————————————————————–
MET ONS VERLEDE DIE TOEKOMS IN
Dit is vir my jammer dat ons mense vandag so pessimisties is. Vir die meeste Afrikaners hou die hede ‘n verskriklike bedreiging in. En tereg ook. Ons ken almal die omstandighede van ons land.
Maar beteken dit daar is nie ‘n toekoms nie?
Lees verder: http://www.bravoland.co.za/forum/index.php
————————————————————–
BESKIK ONS OOR DIE INHERENTE KRAG?
Dit was in die moeilike dae van droogte, depressie, politieke verdeeldheid, ‘n verarmde volk en in kerklike tweedrag dat die Afrikanervolk weer kop opgetel het en met trots die uitdagings van die jare 1914 tot 1945 aangepak het. Dit het uiteindelik gelei tot die daarstelling van talle strukture wat ons volk se selfrespek herstel het.
En nou staan ons voor daardie selfde krisis – werkloos, verarm, kerk-los en selfs kerkloos, sonder eie grond of vryheid, geboei in Engelse kettings op skool, in die sakewêreld en waar ook al. Ons bejaardes is soos verwilderde diere gehok in tehuise waar volksvreemdes die versorger moet wees, wat die septer van magsvertoon swaai oor die gryskop geliefdes wat gister die leiers van ‘n dinamiese eerste-wêreld was. .
Ons jong seuns en dogters het vreemdelinge geword vir die land van ons vaders, ons kerkleiers is met stomheid geslaan, ons skoolhoofde weifel teen die aanslae van die magsugtiges, en die Afrikaner-sakeman het sy goed en sy geld begin aanwend om die magte ter wille te wees wat sy volk se ondergang bewerkstellig. .
En hier is ons, Bravolanders, jonk en dinamies, uitgelewer aan ‘n vyandige wêreld omdat die ouergarde lamlendig geword het, miskien skaam vir hul optrede oor die afgelope twintig of meer jare, waarin goedgelowigheid, gemeng met slaafse navolging, en benat met willoosheid, die verrotting van ons volk bevorder het in die ontneming van sy vryheid en sy grondgebied, ja, sy totale soewereiniteit is weggegee. .
Bravoland is die speerpunt na nuwe denke, na nuwe dimensie, met die ou waardes uit ons volksgeskiedenis as gevegsmateriaal; Bravolanders is die leerlinge van vandag om môre leiding te bied om hierdie verslae volk weer te rig, te lei, te roep tot verantwoording op die volksakker. .
Bravolanders, kom ons vat hande, kom ons span ons breinkrag in, kom ons wees eendragtig in ons strewes om weer die volk te besiel tot daadkrag na vryheid. Ons is nie beter as ander nie, laat ons dan ook nie swakker wees as ander nie – laat ons met ywer begin om te doen wat goed en reg is in die oë van ons volk, maar ook wat goed en mooi is in die Heer van hemel en aarde. Bravolander, wees jy dan die een wat koersvas rigting gee, wat met kalmte en berekendheid die ideaal van vryheid najaag deur jou wilskrag, geloofskrag en jou vermoë soos aan jou toegedeel is. .
Begin daarmee, deur groter betrokkenheid op hierdie forum, en laat dit uitkring tot in die hart en siel van elke ander Bravolander en elke ander volksgenoot. .
Of beskik ons nie oor die inherente krag om groter te dink en te doen as onsself nie?
Ons benodig Ekonomiese Magsblok
Die vreemde owerheid met sy vreemde wette om die Afrikaner ekonomies te knel, verdien ons eendragtige optrede om ons eie ekonomie te vestig. Studiewerk wat reeds gedoen is, dui daarop dat alhoewel so ‘n “magsblok” nie oornag sal vestig nie, die begin daarvan uiters dringend geword het. Dit is verblydend om te verneem dat die eerste gesprekke in hierdie verband reeds plaasvind en dat daar vooruitsigte is om ons volk ekonomies te sterk teen die aanslae.
Lees verder: http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3644.msg47053;topicseen#new
————————————————————–
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php
Tags: Cyber Communitys, News